Prins Albert laat diep spore
Die jong katjie maak homself tuis in die groot motorfietsryer se arms, en dis moeilik om te sê wie dit meer geniet op hierdie ysige oggend by Bushman Valley in Prins Albert. KykNET se 1Spoor Avonture motorfietsspan het sowat 3000 km van Fouriesburg tot Kaap Agulhas afgelê – en wat sou dit gewees het sonder om die reis oor die majestueuse Swartbergpas aan te durf?