Raadslid Koonthea het verduidelik dat die munisipaliteit weereens fondse beskikbaar gestel het om matrikulante aan te moedig om verder te studeer. Ander belangrike onderwerpe soos diensterekeninge, waterlekkasies, vandalisme, behuising en die aanpassingsbegroting is ook bespreek. Die GOP/Begrotingsvergadering sal op 16 April 2025 om 17:00 plaasvind.
Adjunkburgemeester Sidney Koonthea het die gemeenskap op die hoek van Reguit- en Loopstraat toegespreek en vrae uit die gehoor beantwoord. Wykskomiteelede vir Wyk 3 is voorgestel en hul rolle is verduidelik.

