KENNISGEWING: LEEU-GAMKA
Hiermee word die gemeenskap van Leeu-Gamka in kennis gestel dat die Administrasie van die Prins Albert Munisipaliteit werksaam sal wees op die dorp om dienste aan inwoners te lewer en navrae te hanteer.
Die logistieke reëlings is soos volg:
📅 Datum: Donderdag, 26 Maart 2026
📍 Plek: Leeu-Gamka Gemeenskapsaal
🕔 Tyd: 08:00 tot 16:00
Neem asseblief relevante dokumentasie tot u versoek saam om u navraag vinnig en doeltreffend te hanteer.
Die gemeenskap word vriendelik aangemoedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak.