Vandag is 'n dag waarna ek uitgesien het.
Die webwerf van die Prins Albert Entrepreneurskap Akademie is nou aanlyn - en dit is gratis vir elke inwoner van Prins Albert, Leeu-Gamka en Klaarstroom.
Ek glo ons toekoms gaan deur ons eie mense gebou word. Die persoon met 'n idee en ‘n droom. Die klein sake-eienaar wat beter wil doen. Die jongmens wat werk soek wat net ‘n kans nodig het.
Hierdie aanlyn akademie is nie net vir aspirant-entrepreneurs nie. Of u nou 'n gevestigde besigheid bestuur, as 'n professionele persoon werk, of bloot u vaardighede wil ontwikkel - daar is ook kursusse hier vir u. Dit dek alles van finansiële bestuur en volhoubaarheid tot loopbaanontwikkeling en persoonlike groei.
Kyk asb na die webwerf. U sal iets nuttigs vind, ongeag u situasie.
https://princealbert.thestartuptribe.org
Gratis. Aanlyn. 24 uur per dag. Op u foon of skootrekenaar.
Teken vandag in en begin met een kursus. En deel dit asseblief – u weet nooit wie se lewe dit mag verander nie.